Hierdie een is baie oud, maar maak my elke keer weer lag:
´n Buikspreker tree eendag in ´n stadsaal op en vertel net blonde grappies. Ewe skielik spring daar ´n blonde op en skel die man behoorlik van ´n kant af uit, want sę sy dit is as gevolg van sulke siek grappe dat mense neerkyk op blondes en hulle as dom en onnosel uitkryt. Die man voel toe vreeslik sleg en toe hy begin om vir die blonde te sę hoe jammer hy is val sy hom in die rede en gil : "Hou jou bek man, ek praat nie met jou nie, maar met daai kortgat op jou skoot!"
|
|
Page 1 of 1
Afrikaanse grappies
Share this topic:
Page 1 of 1

Help










