rugby nuus
#1
Posted 25 September 2004 - 09:38 PM
Miljoene vir Naas aangebied om af te rig
J.J. Harmse
Naas Botha is glo miljoene rande aangebied om een van die land se Curriebeker-spanne af te rig.
Rapport het betroubaar verneem die gewese Springbok-kaptein en oudheld van die Blou Bulle is deur die Valke-unie genader met 'n "uitstekende aanbod" om volgende jaar die Valke se hoofafrigter te word. Botha kan ook verskeie ander oud-Bokke in sy bestuursgroep nader trek, sou hy die aanbod van die Valke, wat glo miljoene rande beloop, aanvaar. Die kontrak sal vir drie jaar wees.
Na verneem word, sal Botha binne die volgende paar dae aandui of hy die aanbod aanvaar. Die oud-Bokke Ray Mordt, Krynauw Otto en Uli Schmidt se name is as lede van sy bestuurspan genoem, maar Mordt het skynbaar reeds aangedui hy gaan nie betrokke wees nie. Botha se bestuurspan sal uit vyf lede bestaan.
Die gewese Bok-stut Guy Kebble se naam word ook genoem as een van die dryfvere om Botha aangestel te kry. Kebble is 'n aandeelhouer in die Valke se sakevleuel en kan selfs help om die Botha-pakket te help finansier. Sy pa is die skatryk mynmagnaat Roger Kebble.
Die president van die Valke, Rautie Rautenbach, wou by navraag nie bevestig dat sy unie Botha genader het nie, maar het wel toegegee dat 'n baie prominente afrigter genader is om die Valke af te rig.
"Ek kan nie enige name bevestig nie, want die proses is nog nie afgehandel nie. Enige naam is blote bespiegeling." Hy hoop dat indien dié afrigter wel die aanbod aanvaar dit die unie sal help om 'n borg te kry vir die komende seisoene.
Rugby-ondersteuners hoop al jare lank dat Botha sy kennis van die spel op senior vlak sal terugploeg, maar die gewese skopkoning was tot dusver langtand.
Hy het wel by twee geleenthede vir kort rukkies die klubs Tukkies en Pretoria bygestaan, maar die laaste paar jaar eerder by die spel betrokke gebly as televisiekommentator en spanbestuurder vir die nasionale o.21-span.
Botha is deur onder andere die Springbok-afrigter, Jake White, genader om die Springbokke te help afrig, maar Botha het die aanbod van die hand gewys. Hy was wel White se spanbestuurder toe die o.21-Bokkies die Wêreldbeker-toernooi in 2002 gewen het.
Aan Rapport is gesê verskeie van die land se rugby-agente het reeds met die Valke in verbinding getree. Tot twintig provinsiale spelers het glo aangedui hulle wil vir die Valke uitdraf as Botha die leisels daar oorneem.
Botha het gister by navraag gesê hy weet van die "gerug", maar dat hy niks daarop te sê het nie.
Dit het gister ook geblyk dat die Springbokke hul stryd met die Suid-Afrikaanse rugbybase oor kontrakte finaal gewen het, skryf Rudolph Lake .
Rapport se inligting is dat die voorste spelers in die Springbok-span meer as R1,5 miljoen per jaar uit hul kontrakte met die Suid-Afrikaanse Rugbyvoetbal-unie (Sarvu) sal verdien nadat SA Rugby die afgelope week vergader het om onder meer die Bokke se vergoeding te bespreek.
Die rugbybase se aanvanklike weiering om kontrakte aan die Bokke toe te ken en die spelers eerder per toets te vergoed, het gelei tot groot wrywing tussen die Suid-Afrikaanse Rugbyspelersvereniging (Sarpa) en Sarvu en selfs gemaak dat die Bok-span in die toets teen Australië in Perth met wit armbande protes op die veld aangeteken het.
Sarvu sal môre sy nuwe vergoedingsplan vir die Bokke in die ope bring, maar Rapport het betroubaar verneem dat die hele Springbok-groep wat vroeg in November op die Bokke se oorsese toer na Ierland, Engeland en Argentinië gaan 'n kontrak van minstens een jaar met SA Rugby sal hê.
In uitsonderlike gevalle sal sommige Bokke 'n kontrak van drie jaar hê. Dit sal egter glo net die spelers geld wat in dié stadium as besliste keuses vir die volgende Wêreldbeker-toernooi in Frankryk beskou word.
Die Bokke sal luidens Rapport se inligting voortaan weer in drie kategorieë geplaas word, met die A-kategorie die klein groepie spelers wat uitgewys is as seker keuses vir Frankryk en die B- en die C-kategorie vir onderskeidelik die ander senior Bokke en nuwelinge.
Bedrae van R800 000, R600 000 en R400 000 is glo na raming wat die Bokke in die onderskeie kategorieë sal verdien as finale onderhandelings tussen SA Rugby en Sarpa suksesvol is. Die Bokke sal steeds vir elke toetswedstryd betaal word, asook wenbonusse ontvang vir oorwinnings.

#12
Posted 28 July 2005 - 05:37 PM
I was reading a post from another member about being homesick .......well as I watched the tape of the rugby at ellis park my wife asked me ....do you miss SA.
you know my answer was ..YES damn right I do .I missed mouthing the words to our anthem , I missed sitting in the grandstand with my 'chommies', I missed braaing wors on our skottel next to the car after the game I missed singing rugby songs in the pub afterwards. ahhhhh memories.
But it was great to see rugby on TV again.
next game next shown on moday night. Tri Nations SA vs Aus at loftus.

This post has been edited by merlot: 28 July 2005 - 05:38 PM
#13
Posted 28 July 2005 - 07:29 PM
QUOTE (merlot @ Jul 28 2005, 04:37 PM)
I missed sitting in the grandstand with my 'chommies', I missed braaing wors on our skottel next to the car after the game I missed singing rugby songs in the pub afterwards.
You are right. Tailgating at the baseball, braaiing (sorry Janneman) Barbequeing viennas & mince drinking budweiser is just not the same.
#14
Posted 28 July 2005 - 08:00 PM
For those of you who have dish and feel cheated that Fox Sport World turned into Fox Soccer Channel, and you therefore only get to see one rugby match per week (ask me we felt pluked - especially since we'd got the Dish 4 years ago specifically for the pleasure of having rugby - albeit on delayed transmission in our den here in the US), there is an alternative. This means you have to cancel your subscription with Dish and join up with Direct TV. For the price of $11.99 per month you can add the Setanta Sport Channel to your line-up. This is a European Soccer/Rugby/Hurling channel that provides you with Heineken Cup, Currie Cup, the English/Irish Lions tour, the Mandela plate, and the tri-nations (delayed transmission) .........
Go check it out on www.setanta.com ............. We just watched the last SA-Auz match played at Ellis Park ......... what a pleasure ........great game

Sign In
Register
Help

MultiQuote