Jump to content
Sign in to follow this  
boerenooi

Nuut in Kentucky

Recommended Posts

Hi. Ek is nou nog in Pretoria, maar ek trek November Lexington toe.

Ek weet net dat Kentucky baie mooi is en NIKS anders nie.

Ek sal graag met jongmense van Kentucky wil chat(of enige ander plek).

 

Is die sosial lewe soos hier? Wat doen die jeug as hulle uitgaan?

Share this post


Link to post
Share on other sites

Hoe oud is "jeug" vir jou? <_<

Ek voel steeds soos 'n "youth" alhoewel baie (jonger) mense sal sê ek

is lankal oor die muur ;)

Share this post


Link to post
Share on other sites

Hey there.

 

Are you the 18 year old about to finish Matric ??? My sons (aged 19 and 20) are going back to South Africa next week for two months and will be staying in Capital Park, Pretoria, if you'd like to get together with them and ask all the questions young people want to ask i know they'd be happy to give you a run down of life here in the U.S. We've been here 18 months now. Let me know and i will have them contact you when they land. My eldest son visits Kentucky regularly and loves it so I don't think you'll have any problems settling in, its a very friendly state from what I understand.

 

Dee

Share this post


Link to post
Share on other sites

Ek dink as jy nog harde musiek kan luister en tot laat kuier, is jy nog jonk van gees en verdien jy dit om met die jeug geassosieer te word? :)

Share this post


Link to post
Share on other sites

Boerenooi

 

Ek is 42 en word 16 met my volgende verjaarsdag, so ek "verstaan" nog wat jongmense soek. En glo my, Lexington het tonne daarvan en nog bietjie meer. Ek bly nou wel 2 ure Noord van Lexington, maar ons maatskappy het 'n tak daar en ek gaan gereeld soontoe. En Lexington is regtig 'n mooi en lekker plek. Gelukkig is afstande hier in Amerika ook nie regtig 'n "issue" nie en mense ry sommer maklik 2 ure om te gaan party en dan weer terug. So as Lexington nie presies het waarna jy soek nie, kan jy binne 2 ure in Cincinnati wees of in omtrent 'n uur in Louisville sit. En hierdie is almal stede van omtrent Pretoria se grote.

 

Ek is seker dat jy baie gelukkg gaan wees in Lexington aangesien ek ook in Pretoria groot geword het en weet wat daar te doene was. Hier is net 200 keer meer om te sien en doen hoofsaaklik omdat jy kan bekostig om dit te doen sonder om te vrees vir jou lewe nie. Die enigste raad wat ek jou kan gee, is om nie vooraf enige voorwaardes of verwagtinge ter stel nie. Dit is nie Pretoria nie en jy gaan 'n rukkie vat om aan te pas by die mense en hulle manier van dinge doen. Maar as jy met 'n oop gemoed ( en oop oe natuurlik ) hier land, dink ek jy sal aangenaam verras wees

 

Sien dit as 'n groot avontuur !!!!!!!!!

Share this post


Link to post
Share on other sites
Die enigste raad wat ek jou kan gee, is om nie vooraf enige voorwaardes of verwagtinge ter stel nie. Dit is nie Pretoria nie en jy gaan 'n rukkie vat om aan te pas by die mense en hulle manier van dinge doen. Maar as jy met 'n oop gemoed ( en oop oe natuurlik ) hier land, dink ek jy sal aangenaam verras wees

 

Hein, dit wat jy hier gese het geld min of meer vir elke moontlike vlak van immigrasie. Baie belangrik dink ek. Baie mense besluit vooraf hulle gaan ongelukkig wees.

 

Sorry Boerenooi, ek wou nie jou topic hijack nie.

 

Ek wens eintlik partykeer ek het weer daardie buttterflies op my maag gevoel van al die exiting, nuwe en vreemde goed wat mens elke dag ervaar as mens nuut hier aankom.

 

Jy gaan jouself baie geniet.

 

Sterkte.

Share this post


Link to post
Share on other sites

Ek is so jammer ek was bitter lanklaas hier.

 

Ek is nou gesettle hier in die hartjie van Kentucky en geniet dit vreeslik! Ja, Hein, hier is BAIE om te doen! Ek het sommer gou gou pelle gemaak en het darem al so bietjie van Cincinnati/Newport gesien, Louisville, Gatlinburg en was saam met 'n paar pelle op 'n roadtrip St Louis toe!

 

Ek doen ook nou gemeenskapswerk by 'n Hospice en by 'n instansie vir mense met Alzheimers en geniet dit vreeslik baie, nooit gedink ek sal in so situasie wees nie!

 

Ja, dit is nie Pretoria nie, ek mis Hatfield baie, maar hier is soveel ander goed om te doen in die Somer veral, so ek kan nou bietjie op studies fokus en Somers lekker jol... wel, totdat ek 'n greencard het, dan sal ek bietjie werk soek.

 

En als wat julle gese het is soooo waar en ek het gesien hoe mense hier ariveer en na 4 maande weer terug is SA toe a.g.v. idees wat geskep is ens en dit het my baie motiveer.

Share this post


Link to post
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

Loading...
Sign in to follow this  

×
×
  • Create New...