Jump to content
Sign in to follow this  
Coby

South Africans In Dfw

Recommended Posts

Hi Almal

 

Ek is Cobus van Rooyen. Julle moet nou almal se "hi Cobus". Ek en my vrou het 8 weke gelede Amerika toe gekom met groen kaarte. Ons het gelukkig family wat bly in Fort Worth, TX wat dit bietjie meer gerieflik maak. Of liewers baie gerieflik maak. Ons wil mense van Suid Afrika ontmoet as dit moointlik is. Ons het eers twee weke terug,na ons road trip begin soek vir werk en dit sal nice wees as iemand ons kan connect met enige employers. Ek het as n general accountant gewerk en soek accounting positions. Ek gee ook nie om, om rigting te verander nie. Ek sal nie omgee om by Cabela's of bass pro te werk nie. Nogal cool. Ek wil ook weet of Austin n lekker plek is om te bly. Ek gaan volgende week bietjie kyk hoe lyk dit daar. Is Austin beter as Dallas? Die plek raak nogal warm en is plat.

 

Groete

 

Cobus

Share this post


Link to post
Share on other sites

"hi Cobus". Ek voer graag instruksies uit... ek is getroud...

 

Welkom hier by ons. Slaptjips is ook van Texas, so ook Spokie, en hulle sal maklik vir jou vertel dat dié landstreek eintlik die Tuin van Eden is. En ek sê nie dat hulle verkeerd is nie...

 

Sterkte met julle lewensweë vorentoe.

 

J.

Share this post


Link to post
Share on other sites

Welkom in Texas...

Ons is bietjie Noordwes van julle - so 6+ure en as jy dink Dallas area is plat, moet jy definitief nie die kant toe kom nie!!

Daar is heelwat Suid Afrikaners in jul area en ek glo jul sal gou 'n paar raakloop - trek net jou springboktrui aan as jul gaan inkopies doen en daar sal gou gegroet word ;)

Share this post


Link to post
Share on other sites

Hi Cobus! :)

 

Ons bly al vir 12 jaar in die Austin area en is mal oor die plek. Hier is 'n redelike groot groep Suid Afrikaners hier, soos in Dallas, Houston, en San Antonio ook. Ons hou van tyd tot tyd braais, en alhoewel nie almal altyd kom nie, is daar dikwels nuwe gesigte by die braais, wat dit eintlik baie lekker maak. Jy kan gerus ons website www.sa-austin.com besoek om meer van ons te wete te kom.

 

Goed gaan!

John

Share this post


Link to post
Share on other sites

Hi Cobus, welkom in Amerika. :)

 

Baaie mense sweer dat die beste werk geleenthede verwys word deur mense wat julle direk vra. En julle sal gou iets kry.

 

Sterkte en voorspoed!

Share this post


Link to post
Share on other sites

Hey Rookie! Deur te sê jy praat Afrikaans/English beteken nie jy kan jou tale mix nie né! Ons praat nog goeie ou Afrikaans hier! ;)

 

Welkom in Amerika!

Share this post


Link to post
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

Loading...
Sign in to follow this  

×
×
  • Create New...